Eurovision-sangfees 2013

Eurovision-sangfees 2013
"We are one"
Data
Halfeind 1 14 Mei 2013
Halfeind 2 16 Mei 2013
Eindrondte 18 Mei 2013
Gasheer
Plek Malmö
Malmö Arena
Vlag van Swede Swede
Aanbieder(s) Petra mede
Deelnemers
Deelnemers 39
Terugkerend Vlag van Armenië Armenië
Onttrekkings Vlag van Bosnië en Herzegowina Bosnië en Herzegowina
Vlag van Portugal Portugal
Vlag van Slowakye Slowakye
Vlag van Turkye Turkye
Stemmig
Stemstelsel Die paneel se stemme tel 50%; die res word deur telestemming bepaal.
Wenlied Only Teardrops
Vlag van Denemarke Denemarke
Eurovision-sangfees
◄2012 2014►

Die Eurovision-sangfees 2013 was die 58ste uitgawe van dié internasionale sangfees. Danksy die oorwinning van Loreen met Euphoria in 2012 is dit in Swede georganiseer. Daar was 39 lande wat meegedoen het. Dit was 3 minder as die vorige jaar, omdat Bosnië-Herzegowina, Portugal, Turkye en Slowakye hulle onttrek het. Die Eurovision-sangfees het ongeveer 170 miljoen mense gelok. Die sangfees is in alle 39 deelnemende lande uitgesaai, maar ook in die lande wat hulle onttrek het naamlik Bosnië-Herzegowina, Portugal, Turkye en in Australië, 'n land wat nie toegelaat is om deel te neem nie. Die sangfees het in die Malmö Arena in Malmö plaasgevind. Op 18 Mei 2013 het Emmilie de Forest met haar liedjie only teardrops vir Denemarke gewen. Hierdeur het die Eurovision-sangfees 2014 slegs 15 minute van Malmö plaagevind.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy